Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lephalale: Ondersoeke na beweerde bestuurslisensie-bedrog verwelkom

Die VF Plus verwelkom die inhegtenisname van amptenare wat na bewering betrokke was by korrupte aktiwiteite by die Lephalale-bestuurtoetsstasie.

Dit volg ná ʼn gesamentlike klopjag van die padverkeersbestuurskorporasie en die Valke.

Daar word vermoed dat die amptenare deel is van ʼn sindikaat van verkeersbeamptes en bestuurskool-instrukteurs wat bestuurslisensies “verkoop”.

Die publiek het sedert 2021 verskeie klagte ingedien rondom beweerde ongerymdhede by die toetsstasie wat daarop dui dat die korrekte prosedures omseil word in ruil vir omkoopgeld.

Onbevoegde voertuigbestuurders is ʼn groot bydraende faktor tot die padsterftesyfer in Limpopo en dit is ʼn skande dat wetstoepassers wat verantwoordelik is vir die veiligheid van die publiek, by hierdie soort misdaad betrokke is.

Die VF Plus hoop dat indien die aangeklaagdes skuldig bevind word, hul straf ʼn duidelike boodskap aan ander amptenare sal stuur dat korrupsie nie ongestraf sal bly nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.