Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lekwa-bestuur begin stormwaterstelsel herstel ná druk van VF Plus

Die bestuur van die Lekwa-plaaslike munisipaliteit (Standerton/Lekwa, Morgenzon) het uiteindelik onderneem om met herstelwerk aan beskadigde stormwaterinfrastruktuur te begin ná toenemende druk van die VF Plus.

Die departementshoof van die tegniese afdeling, mnr. Mthembeni Jiyani, het persoonlik op die aandrang van die VF Plus die geraakte gebiede besoek. Herstelwerk sal begin sodra die verskaffer die pype aflewer.

Die optrede volg op herhaalde klagte wat die VF Plus met Jiyani opgeneem het oor die voortgesette wanbestuur van stormwaterinfrastruktuur wat telkens lei tot oorstromings, skade aan eiendom en gevaarlike toestande vir inwoners in Coligny- en Leydstraat.

Die mees onlangse oorstromings het die munisipaliteit se onwilligheid om op tree, onderstreep.

Alhoewel aanvanklike pogings om verouderde pype te verwyder reeds begin het – met ‘n verbintenis om nuwe stelsels teen September 2024 te installeer – is werk intussen skielik stopgesit.

Die ou pype is verwyder, maar diep, gevaarlike loopgrawe is voor inwoners se huise oop gelaat. Daar was geen verdere aktiwiteite sedertdien nie.

Hierdie oop slote hou ‘n ernstige risiko in vir die gemeenskap, veral vir kinders en bejaardes. In sommige gebiede het veiligheidsversperrings in die loopgrawe ineengestort, en oorgroeide plantegroei verberg die oop slote wat dit feitlik onsigbaar maak vir voetgangers en motoriste.

Die situasie is só ontwrigtend dat inwoners nie in staat is om basiese sypaadjie-instandhouding te doen nie uit vrees vir beserings. Boonop het die slote ‘n moontlike wegkruipplek vir misdadigers geword.

Die VF Plus sal die herstelwerk noukeurig monitor en terugvoering gee. Die munisipaliteit is verantwoordelik vir die situasie en moet dit nou regstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.