Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Leierloosheid oorsaak van Upington-waterpype wat voortdurend breek

Munisipale leierloosheid in die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit is die rede waarom inwoners van Upington se sentrale sakekern (SSK) en Die Rand-woongebied hierdie week vir die soveelste keer dae lank sonder water was.

Die pypnetwerk wat dié gebied bedien, bars aanhoudend.

Hierdie waternetwerk voed ook woongebiede buite die dorp, wat as gevolg van brekasies voortdurend min of geen water beskikbaar het. Die SSK en Die Rand ly egter die meeste en is in die afgelope week vir drie dae sonder water gelaat.

Die tegniese afdeling van die munisipaliteit wat hiervoor verantwoordelik is, is tans leierloos. Die tweede direkteur vir tegniese dienste binne twee jaar het bedank. Dit is duidelik dat dringende ingryping nodig is om te voorkom dat die krisis vererger.

Die ANC-beheerde munisipaliteit het in ‘n onlangse verslag aangedui dat waterverliese in Mei 2026 op 45.1% gestaan het. Dit is moeilik om te dink dat die munisipaliteit water uit die rivier onttrek, teen groot koste suiwer en dan byna helfte daarvan verloor.

Die inwoners van Dawid Kruiper boet vir dié onbevoegdheid met hoë tariewe en gereelde tekorte.

In verskeie dele van die dorp het inwoners die voortou geneem deur sypaadjies met droogtebestande plante te verfraai. Die munisipaliteit het dit egter met gruis vervang.

Terwyl die munisipaliteit oor die jare die waternetwerk stelselmatig moes vervang, het dit nie gebeur nie. Daarom vloei duisende liter water elke dag uit gebarste pype deur die strate.

Inwoners het met die komende munisipale verkiesing die geleentheid om hul stem vir die VF Plus te gee om sy verteenwoordiging in die munisipale raad te vergroot om sodoende toe te sien dat dienslewering verbeter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.