Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Burgemeesterskantoor mislei Tshwane-inwoners oor vervallende paaie en stormwater

Die VF Plus is nie tevrede met die misleidende stellings van die burgemeesterskantoor rakende die Tshwane-metro se besteding aan kritieke infrastruktuur.

‘n Amptelike vorderingsverslag oor toelaes en subsidies wat op 30 Julie 2026 in die raad gedien het, wys duidelik dat Tshwane miljoene rande nie bestee het nie en dat verskeie projekte tot stilstand gekom het.

Die verslag wys op die volgende:

• R155,4 miljoen se ontwikkelingsfondse is verloor omdat statutêre kennisgewings nie betyds uitgereik is nie
• Die toelaag vir openbare vervoernetwerke (PTNG) het ’n verlies van R224 miljoen gely weens swak prestasie; van die oorblywende fondse is nog R24 miljoen nie bestee nie
• Projekte soos Hammanskraal se Mfumo straat (R7,089 miljoen) en Mamelodi uitbreiding 11 se waternetwerke (R901 090) het 0% besteding getoon
• Mabopane blok A (paaie): slegs 3% besteding
• Stinkwater vloedbeheer: net 29% besteding
• Ander projekte, soos rioolvervangings in Pretoria Wes en die middestad, het tot stilstand gekom weens verstrykte kontrakte.
• Selfs die HIV/Vigs program het R14,2 miljoen (48,3%) nie bestee nie omdat opvoeders nie betyds gekontrakteer is nie

Ten spyte van hierdie harde feite, het die burgemeester se woordvoerder, Samkelo Mgobozi, in ’n mediaberig op 19 Augustus 2026 beweer dat die VF Plus se syfers verkeerd is en dat die metro die meeste fondse wel bestee het.

Hy het selfs aangevoer dat projekte soos Mabopane en Stinkwater onderskeidelik 81% en 100% besteding gehad het – ’n direkte weerspreking van die amptelike verslag.

Hierdie is niks anders nie as ʼn poging tot skadebeheer.

Terwyl gemeenskappe oorspoel word tydens swaar reëns en waar teerpaaie in stofpaaie verander, kies die burgemeesterskantoor om die feite te verdraai eerder as om die burokratiese verlamming in die metro te erken.

Die VF Plus sal nie toelaat dat amptelike verslae verdraai word om mislukkings te verberg nie. Inwoners verdien eerlike antwoorde en werklike dienslewering op die grond, nie politieke rookskerms nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.