fbpx
Vryheidsfront Plus

Landelike beveiliging – regering doen te min te laat

Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, het sy kommer oor landelike veiligheid in die Vrystaat uitgespreek en gesê dat ‘n imbizo oor landelike beveiliging nie gaan help nie. Daar moet ‘n nuwe plan gemaak word, plaasaanvalle het gedurende die eerste drie maande van 2017 teen ‘n ongekende koers toegeneem en is ‘n reuse krisis.

Wessels het vandag in ‘n debat in die Wetgewer oor die begroting van die departement van Polisie, Paaie en Vervoer gesê dat plaasmoorde dikwels gepaard gaan met geweldige wreedheid, waar oumense met ysters gebrand word, gate in mense se koppe geboor word en slagoffers vir ure op die grusaamste wyses denkbaar gemartel word voor hulle vir dood agtergelaat word.

Hy het ‘n beroep op boere gedoen om hulself en hul gesinne te beveilig en weerbaar te maak teen sulke aanvalle. ‘n Nuwe plan vir hierdie tipe misdade en daadwerklike optrede is nodig. Die regering doen te min te laat wat dit betref.

Wessels het ook die eerlike en hardwerkende lede van die Suid-Afrikaanse polisie bedank vir hulle harde werk. Ten spyte van moeilike en gevaarlike werksomstandighede en ‘n geweldige tekort aan hulpbronne en ondersteuning is daar steeds eerlike polisiemanne en –vroue wat die gemeenskap dien tot die beste van hulle vermoë.

“Die departement moet verder gaan as sy jaarlikse prestasieplan en die inligting wat hy versamel daadwerklik gebruik om die hulpbron-tekorte by polisiestasies op nasionale vlak aan te spreek om polisielede in staat te stel om die gemeenskap van die Vrystaat beter te beveilig,” het hy gesê.

 

Kontakbesonderhede: 082 674 6670 / 072 997 8315

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.