fbpx
Vryheidsfront Plus

Rustenburg-munisipaliteit verswak volgens ouditverslag

Die Ouditeur-Generaal se verslag vir die 2015/2016 finansiële boekjaar bevestig dat die Rustenburg-munisipaliteit agteruitgaan. Waar die munisipaliteit in die 2014/2015 finansiële boekjaar ‘n ongekwalifiseerde ouditmening ontvang het, is daar in die 2015/2016 finansiële boekjaar ‘n gekwalifiseerde ouditmening ontvang.

“Een van die kwalifikasies wat ontvang is deur die Ouditeur-Generaal, is dat die Rustenburg-munisipaliteit wat onder ANC-beheer is, sommige inwoners oorgeslaan het met heffings vir dienstegelde. Verder het Rustenburg-munisipaliteit R135 miljoen afgestaan aan waterverliese weens verouderde infrastruktuur en swak instandhouding en sal die belastingbetalers daarvoor moet opdok” sê De Wet Nel, VF Plus-raadslid in Rustenburg.

“Die belastingbetalers van Rustenburg kan nie gyselaar gehou word vir die ANC-beheerde munisipaliteit se onkunde nie en daar moet ‘n behoorlike aksieplan saamgestel word om hierdie infrastruktuur op te gradeer en verliese te voorkom wat nog miljoene kan beloop.”

Mnr. De Wet Nel is die MPAC (Municipal Public Accounts Committee) se voorsitter in die Rustenburg-munisipaliteit en sal verseker dat die VF Plus ‘n behoorlike aksieplan voorlê aan die munisipaleraad vir goedkeuring en monitor of dit uitgevoer word.

 

Kontaknommers: 082 529 3001 / 079 409 8342

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.