Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kwaliteit van onderwys word opgeoffer ter wille van hoë slaagsyfers

Hier volg uittreksels uit VF Plus-LPW, Tammy Wessels, se toespraak tydens die begrotingsposdebat van die Vrystaatse departement van onderwys vandag in die Vrystaatse wetgewer.

Die Vrystaatse departement van onderwys bemagtig en ondersteun nie leerders om produktiewe lede van die gemeenskap te word wat ‘n positiewe bydrae tot die samelewing lewer nie. Hulle stel leerders op om te misluk deur swak standaarde voor te staan en die reeds verlaagde matriekslaagsyfer nog verder te wil verlaag.

Suid-Afrika het een van die hoogste universiteit-uitsaksyfers in die wêreld. Ons wil gratis tersiêre onderrig bied, maar leerders word nie bemagtig om die mas van universiteitsvakke en standaarde op te kom nie.

Die ANC-regering verkies om behoorlike standaarde van primêre en sekondêre onderrig op te offer ter wille van ‘n kosmetiese hoë slaagsyfer.

Die matriekslaagsyfer in Suid-Afrika vir 2017 was 75.1% met ‘n minimum slaagpersentasie van 30%. As die slaagpersentasie 40% was sou slegs 54% van leerders geslaag het. Dit bewys dat die kwaliteit van onderrig nie voldoende is nie en dat ‘n groot persentasie van leerders met ‘n minimum van 30% deurskuur.

Die regering behoort eerder in die kwaliteit van onderrig in die Vrystaat te belê in plaas daarvan om tevrede te wees met middelmatigheid ter wille van ‘n hoë slaagsyfer.

Onderwysers behoort bemagtig te word. Afwesigheid van onderwysers is ‘n groot probleem in die Vrystaat en behoort dringend aangespreek te word.

Voorts behoort onderrig in die Vrystaat entrepreneurs gerig van aard te wees ten einde selfbemagtiging en werkskepping te bevorder.

Kontaknommers: 082 490 6663

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.