Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Departement van sport, kuns en kultuur mors geld op verkeerde prioriteite

Hier volg uittreksels uit VF Plus-LPW, Tammy Wessels, se toespraak tydens die begrotingsposdebat van die Vrystaatse departement van sport, kuns en kultuur vandag in die Vrystaatse Wetgewer.

Die Vrystaatse departement van sport, kuns en kultuur faal in sy taak van ekonomiese ontwikkeling, nasiebou, maatskaplike opheffing en die uitbou en ontwikkeling van ons nasionale tale deur broodnodige fondse op verkeerde prioriteite te mors.

Die departement beplan om verskeie standbeelde ten koste van miljoene rande op te rig in plaas daarvan om in die museums en biblioteke van die Vrystaat te belê.

Die oprigting en onderhoud van sportterreine, biblioteke en teaters word agterweë gelaat ter wille van miljoene rande wat in die Macufe-fees gepomp word – ‘n fees wat veronderstel is om selfonderhoudend te wees en ‘n inkomste vir die departement te verseker.

Die amptelike tale van Suid-Afrika word nie ontwikkel, gekoester en uitgebou in die Vrystaat nie. Die ANC-regering het 21 jaar geneem om die Vrystaatse Taalwet daar te stel en steeds word amptelike advertensies slegs in Engels geplaas. Die departement faal in hulle grondwetlike taak om die amptelike tale van die land en die tale wat die meeste in die Vrystaat gepraat word uit te bou en te bevorder.

Die ANC-regering moet ophou om agter die geykte retoriek van Apartheid en wit en swart weg te kruip. Hulle moet verantwoordelikheid neem vir dit wat hulle die afgelope 25 jaar gedoen het en ophou verskoning maak vir hulle brouwerk deur dit oor ‘n rasse-boeg te gooi.

 

Kontakbesonderhede: 082 490 6663

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.