fbpx
Vryheidsfront Plus

Kragonderbrekings ‘n groot las vir inwoners van Balfour en Grootvlei

Gereelde kragonderbrekings teister die inwoners van Balfour en Grootvlei sedert Desember verlede jaar toe donderweer ‘n transformator laat uitbrand het. Dit veroorsaak kragonderbrekings van tot vyftien dae aaneen in sommige dele van hierdie dorpe.

Nou het onwettige verbindings weer veroorsaak dat die dorpe of dele daarvan tot vyf dae sonder krag is. Inwoners van Balfour en Grootvlei het nou vir ‘n tweede keer in drie maande duisende rand se vars produkte en elektriese toestelle verloor weens die uitgebreide kragonderbrekings en kragstuwings.

Die munisipaliteit van Dipaliseng ontken die werklike rede vir die kragprobleme en is nie bereid om inwoners se vrae oor die kragonderbrekings en onwettige verbindings te antwoord nie.

Die VF Plus het foto's ontvang van die onwettige aansluitings waar elektrisiteitsdiewe nie eens probeer het om die onwettige verbindings weg te steek nie, omdat die opvatting al ontstaan het dat Eskom, die polisie en die Dipaliseng-munisipaliteit nie teen hulle optree nie.

Dit is onaanvaarbaar dat betalende inwoners van die munisipaliteit onder sulke omstandighede gebuk moet gaan net omdat die ANC-munisipaliteit te bang is om stemme te verloor om mense te dwing om vir hul elektrisiteit te betaal.

Dit is om hierdie rede dat die VF Plus inwoners versoek om eise in te dien vir skade wat hulle weens kragonderbrekings lei. Dipaliseng-munisipaliteit voorsien die krag via Eskom en is verantwoordelik vir die uitbetalings van sulke eise.

Die VF Plus vra die nodige vrae in die provinsiale wetgewer rakende die skade wat aan inwoners se eiendom aangerig word en die party sal daarop aandring dat inwoners betaal moet word vir hul verliese

Kontaknommer: 084 652 9164

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.