Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kragonderbreking van vyf dae in Bonaeropark skuld van ANC/EFF

Veelvuldige kabelprobleme en foutiewe skakeltoerusting by die Aston Manor 66kV-substasie in Kemptonpark is die oorsaak van ʼn kragonderbreking van vyf dae in Bonaeropark.

Die VF Plus waarsku die Ekurhuleni-metro die afgelope vier jaar reeds oor die voortslepende kragprobleme in die metro en vra sonder ophou dat die kraginfrastruktuur opgegradeer word. Die versoeke onder die ANC/EFF-regering val op dowe ore.

Daar is ‘n toename in onderhoudagterstande en ‘n tekort aan bekwame personeel wat die werk doeltreffend kan verrig.

Die jongste kragonderbreking is beslis ‘n krisis. Inwoners van Bonaeropark se veiligheid is in die gedrang en die inhoud van hul vrieskaste ontdooi terwyl hulle in die donker sit.

Ondernemers verloor inkomste, veral ondernemings wat grotendeels afhanklik is van elektrisiteit.

Die VF Plus eis dringende aanspreeklikheid en ‘n onmiddellike omkeerstrategie om die energiekrisis aan te spreek.

Ekurhuleni se inwoners verdien beter. Hulle verdien ‘n regering wat die behoeftes van mense eerste stel. In stede daarvan word hulle gestraf vir die wanbestuur van senior amptenare.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.