Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sorg dat onooglike en gevaarlike perseel op Malmesbury aandag geniet

Die ingryping van die VF Plus in die Swartland het daartoe gelei dat die eienaar van ‘n onooglike en gevaarlike terrein binne ‘n privaat landgoed in Malmesbury opdrag gekry het om die terrein op te ruim.

Die party het op 1 April (Dinsdag) ‘n dringende brief aan die direkteur van ontwikkelingsdienste by die Swartland-plaaslike munisipaliteit voorgelê oor die terrein en die gevare wat dit mag inhou.

Die eiendom bevat bou-afval en twee skeepshouers wat nie volgens bouregulasies geanker is nie en moontlik gebruik word om boutoerusting te berg.

Die saak is onder die aandag van die party gebring na aanleiding van ‘n klag van ‘n inwoner van die landgoed wat bekommerd was oor die veiligheid en welstand van enige persoon wat dit daar sou waag.

Die munisipaliteit het Woensdag (2 April) reeds ‘n kennisgewing aan die eienaar uitgereik ingevolge artikel 12 van die Nasionale Bouregulasies- en Boustandaarde Wet.

Die eienaar is onder meer versoek om binne 14 dae (teen 23 April 2025) ‘n professionele ingenieur aan te stel en ‘n verslag aan die munisipaliteit voor te lê waarin uiteengesit word hoe die strukture beveilig sal word en om die eiendom onmiddellik te beveilig om toegang te voorkom.

‘n Versuim om hieraan te voldoen, kan lei tot ‘n slopingsbevel.

Die VF Plus sal die proses monitor namens die geraakte inwoners om seker te maak dat daar aan die vereistes voldoen word.

Die party het voorheen met sukses soortgelyke kwessies vir die inwoners hanteer en bly verbind tot dienslewering aan sy kiesers in die Swartland.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.