Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kontrakteur kanselleer Emfuleni se finansiële sisteem weens wanbetaling

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is verder in die moeilikheid nadat die kontrakteur BCX Solar wat die munisipaliteit se finansiële stelsel hanteer, sy dienste gekanselleer het weens wanbetaling.

Emfuleni het die lisensiegeld van R3,6 miljoen betaal, maar nie die stelsel se onderhoudsfooi nie.

Met die finansiële stelsel wat buite werking is, kan geen klaringsertifikate uitgereik word nie, inwoners kan nie voorafbetaalde krag by die sentrum aankoop nie en geen reëlings kan getref word vir die aan- of afsluiting van krag en water nie.

BCX Solar is maar een van vele diensverskaffers wat Emfuleni nie kan betaal nie weens Rand Water se beslaglegging op die munisipaliteit se lopende bankrekening. Emfuleni skuld Rand Water R1,3 miljard.

Die klientedienssentrum in Paul Krugerstraat, Vanderbijlpark, waar die stelsel gebruik word, is op 30 Julie weens uitstaande huurgeld gesluit. Die sentrum is intussen weer geopen ná Emfuleni ʼn gedeelte van die agterstallige huurgeld vereffen het en ʼn tydelike ooreenkoms met die eienaar van die getref het.

Rand Water het ingestem om Emfuleni se bankrekening tydelik te open om ʼn gedeelte van die agterstallige huurgeld en die lisensiegeld aan BCX te vereffen.

Die kansellasie van die stelsel en die sluiting van die sentrum volg kort op ʼn verslag van die Gautengse wetgewerkomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) wat aanbeveel dat Emfuleni onder volledige artikel 139 administrasie geplaas word met finansiële beheer wat oorgedra word aan die provinsiale- of nasionale tesourie.

Cogta het Emfuleni verlede week besoek om in gesprek met die munisipaliteit te tree, maar nog geen uitsluitsel is gegee of die munisipaliteit wel onder administrasie geplaas gaan word nie.

Die VF Plus het geen hoop op verbetering indien Cogta wel besluit om Emfuleni onder administrasie te plaas nie.

Die munisipaliteit was reeds vanaf 2018 – 2022 onder gedeeltelike administrasie en die munisipaliteit se skuld aan grootmaatdiensverskaffers het toe drasties vermeerder.

Die enigste oplossing is om van die ANC ontslae te raak onder wie se beheer Emfuleni in ʼn finansiële moeras verval het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.