Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kontrakteer medisyne uit aan apteke om siekes en bejaardes te help

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid moet chroniese medikasie aan apteke uitkontrakteer om siekes en bejaardes te help wat nie in staat is om ure lank in rye te staan en wag om hul medisyne te ontvang nie.

Die VF Plus het dié plan voorgestel tydens ‘n gesondheidskomiteevergadering van die Wes-Kaapse wetgewer.

Die VF Plus het voorheen ook die belang van ‘n toets- en bewusmakingsveldtog vir diabetes met die provinsiale wetgewer opgeneem en het nou die bevestiging ontvang dat só ‘n veldtog wel van stapel gestuur gaan word.

Die grootste probleem met diabetes is dat mense nie daarvan bewus is dat hulle daaraan ly nie en daarom nie besef dat hulle hoë risiko-gevalle in die Covid-19-tydperk is nie.

Die VF Plus verwelkom die optrede rondom diabetes tot voordeel van alle gemeenskappe en sal nou die saak verder voer om dieselfde sukses met die uitkontraktering van chroniese medikasie te behaal.

Navrae: 082 907 9177 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.