Die voorval vanoggend waar ‘n perd doodgekap en talle ander perde beseer is deur ontevrede werkers by die Fairview-renbaan in Port Elizabeth, is onverstaanbaar, onverskoonbaar en weersinwekkend.
In die media is bewerings dat die afdanking van ‘n werknemer tot die voorval aanleiding gegee het. Die VF Plus het verneem dat ‘n geskil oor ‘n uitbetaling van die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) die onmin veroorsaak het.
Hierdie is ‘n voorbeeld van die onaanvaarbare en skokkende vlakke van geweld wat met misdaad gepaard gaan en wat aan die orde van die dag is in Suid-Afrika.
Hierdie haas onverklaarbare geweld en brutaliteit word gereeld gesien met plaasmoorde. Verlede week was landwye geweld en kragdadige optrede die EFF se wyse om hul ontevredenheid oor ‘n sjampoe-advertensie te lug.
In hierdie geval wil dit voorkom of die ongelukkig in werklikheid ontstaan het deur WVF-betalings of nie-betaling waaroor die werkgewer en eienaar van die perde geen beheer het nie en wat eindelik deur die nasionale staat van inperking veroorsaak is.
In stede daarvan om hul ontevredenheid teenoor die ANC se onbevoegdheid te lug, is perde aangeval en vermink. Die VF Plus veroordeel die voorval ten sterkste.
Navrae: 072 428 6103