Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Konsepbegroting van Dawid Kruiper plaas inwoners onder groter finansiële druk

Die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington, Louisvale en Askham) se konsepbegroting vir die 2022/23-finansiële jaar gaan inwoners onder nog groter finansiële druk plaas en gaan dit vir sommige inwoners onmoontlik maak om hul diensterekeninge te vereffen.

Die VF Plus is nie gekant teen tariefverhogings nie, maar dit moet die huidige ekonomiese omstandighede in ag neem en inwoners nie slegter laat as wat hulle reeds is nie.

Die voorgestelde tariefverhogings is soos volg:

• Eiendomsbelasting: 5 %
• Elektrisiteit: 9.68% onderhewig aan goedkeuring van Nersa
• Water: 5%
• Sanitasie: 5%
• Vullisverwydering: 5%

Die voorgestelde verhoging in die kragtarief is ver bo die huidige inflasiekoers van 5,7% en ook hoër as Nersa se voorstel dat munisipaliteite hul kragtariewe vanaf 1 Julie met 7,47% verhoog.

Dawid Kruiper word gekenmerk deur talle diensleweringsprobleme en wanbestuur en voordat prestasiebonusse aan amptenare uitbetaal word, moet beskikbare fondse eers aangewend word vir die opgradering van kritieke infrastruktuur en die verbetering van basiese dienslewering.

Die VF Plus doen hiermee ‘n beroep op gemeenskappe en nie-regeringsorganisasies om deel te neem aan die openbare deelnameproses wat gevolg moet word voordat die finale begroting deur die raad goedgekeur kan word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.