Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hernubare energie sal Eskom se krag en mag sny

Eskom se bekendmaking van die skokkende bedrae wat munisipaliteite in die Noord-Kaap aan hom skuld, bied ook ‘n geleentheid aan munisipaliteite om Eskom se krag en mag te sny.

Luidens berigte skuld 18 munisipaliteite Eskom gesamentlik R2,8 miljard.

Die groot sondebokke is die Kai! Garib- (Eksteenskuil, Kakamas, Keimoes, Kenhardt), Sol Plaatje- (Kimberley, Ritchie) en Gamagara-plaaslike munisipaliteit (Deben, Kathu, Olifantshoek).

Dit is al lank bekend dat die lewensvatbaarheid van munisipaliteite in die Noord-Kaap bedreig word deur uitstaande skulde aan Eskom en waterrade.

Eskom gebruik die afsny of beperking van kragvoorsiening as meganisme om wanbetaling stop te sit.

In die meeste gevalle is dit teenproduktief omdat dit die finansiële posisie van munisipaliteite verder verswak.

Die Noord-Kaap beskik oor baie hernubare bronne wat benut kan word om die munisipaliteite onafhanklik te maak van Eskom en van voortdurende, onbillike kragtarief-verhogings.

'n Omvattende plan is nodig om dit 'n werklikheid te maak. Die VF Plus beskik oor die nodige kundigheid en is bereid om dit met die provinsie te deel.

Op die kort termyn is dit egter belangrik dat munisipaliteite hul skuld aan Eskom betaal om te voorkom dat hul skuldlas jaarliks groter word en Eskom onder verdere finansiële druk geplaas word.

Daar moet sterk opgetree word teen munisipaliteite wat hul dienstegelde vir water en elektrisiteit verkeerdelik vir ander uitgawes gebruik. Verbruikers betaal vir elektrisiteit en water, maar sommige munisipaliteite gebruik daardie geld om salarisse te betaal. Dit is onaanvaarbaar en moet gestaak word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.