Die VF Plus moedig die inwoners van die Tshwane-metro aan om die metro se konsepbegroting vir die 2022/23-finansiële jaar asook die voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) te bestudeer en insette te lewer om by te dra tot die vooruitgang van die metro.
As deel van ‘n openbare deelname-proses het inwoners die geleentheid om vergaderings by te woon waartydens die GOP breedvoerig uiteengesit sal word. Die datum en plek van vergaderings sal deur die metro se amptelike kommunikasie kanale bekend gemaak word.
Belangrike begrotingsbeginsels van die VF Plus word ingedra in die koalisieregering.
Die VF Plus is in gesprek met sy koalisievennote om die beste vir die inwoners te verseker en om die begroting op ‘n volhoubare wyse vorentoe te neem.
Die konsepbegroting en GOP is by plaaslike biblioteke en op die metroraad se webwerf by die volgende skakels beskikbaar:
GOP: 03. Approval of 2022 2023 IDP and MTREF Process Plan.pdf (tshwane.gov.za)
Konsepbegroting: 21. Draft 20222 2023 MTREF for the City of Tshwane.pdf
Kommentaar kan gestuur word aan stephanib@tshwane.gov.za om die metro nie later as 4 Mei te bereik nie.