Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Koalisie-wetgewing mag nie geskep word om ANC te bevoordeel

Wetgewing waarmee beoog word om ʼn raamwerk te skep om probleme rondom koalisies aan te spreek, mag nie ʼn instrument word net om die ANC te bevoordeel en aan bewind te hou nie.

Die blote feit dat die ANC koalisies enigsins bespreek is insiggewend en van historiese belang aangesien dit die eerste keer gebeur sedert die ANC 29 jaar gelede aan bewind gekom het.

Dit is insiggewend dat die ANC-regering koalisiewetgewing belangrik ag noudat hy duidelik probleme ondervind.

Wetgewing mag onder geen omstandighede gebruik word om ʼn party wat steun verloor, aan bewind te hou deur ander partye te benadeel nie.

Die strukturering van ʼn koalisie mag nie beleidsvoorskriftelik wees nie en dit is oneerlike veralgemening om bestaande koalisies as ʼn mislukking af te maak.

Daar is op die oomblik talle suksesvolle koalisies in Suid-Afrika wat dit duidelik maak dat dit wel ʼn haalbare en werkbare opsie is om van die ANC ontslae te raak.

Waar probleme ondervind word, is dit waar die ANC betrokke is by georkestreerde pogings om die koalisies aktief te ondermyn.

ʼn Goeie voorbeeld is hoe die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi elke geleentheid moontlik aangryp om koalisies in sy provinsie op die rotse te laat beland.

Die vraag moet daarom gevra word waarom die ANC nou wetgewing rondom koalisies oorweeg terwyl die politieke mag uit sy hande begin gly.

Die ANC het by herhaling gewys hy kan nie vertrou word nie. Suid-Afrika kan net gered word deur ʼn koalisieregering waarvan die VF Plus ʼn betroubare vennoot sal wees.

Die geleentheid om dit te doen kom in 2024.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.