fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus help om Hoërskool Birchleigh se waterprobleem op te los

Die Hoërskool Birchleigh in Kemptonpark se waterprobleme is binne vier dae opgelos nadat die VF Plus toegetree het.

Die VF Plus het druk op die metro se departement van water en energie geplaas en daarop aangedring dat die stukkende waterpyp wat die probleem veroorsaak, dringend herstel word.

Die metro het wel watertenkwaens na die skool gestuur, maar die water was ondrinkbaar.

Dit het die skool genoop om bykans R4 000 te bestee aan gebottelde water vir die kinders.

Die VF Plus gaan die metro vra om ondersoek in te stel na die kwaliteit van die water wat watertrokke aan die skool gelewer het.

Met die huidige uitbreking van cholera kan daar nie kanse geneem word met mense se gesondheid nie.

Waterinfrastruktuur in Kemptonpark is onder geweldige druk en die metro beskik nie oor genoeg werkspanne om al die waterlekkasies dadelik te herstel nie.

Die VF Plus het voorgestel dat ʼn voering in waterpype aangebring word wat die leeftyd daarvan met tot tien jaar kan verleng en om waterlekkasies te beperk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.