Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Klagtes hoop op teen SAID oor voeteslepery met BTW-uitbetalings

Die VF Plus ontvang toenemend klagtes vanaf die publiek rakende BTW-terugbetalings van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en gaan ‘n klag hieroor indien by die ombudsman vir belasting, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se voorsitter en parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Adv. Alberts sê dit is ironies dat die inkomstediens self nou op hierdie wyse bykomende druk op sakeondernemings plaas aangesien die voeteslepery met BTW-uitbetalings ‘n groot invloed het op maatskappye se kontantvloei.

Hy sê dit is so goed as om die gans wat die land se goue eiers moet lê, van kos en water te ontneem, maar steeds te verwag dat die mandjie weer en weer gevul moet word.

“Dit is ook opmerklik dat ‘n tendens onstaan het dat oudits toenemend gedoen word waar die SAID terugbetalings moet doen, maar nie wanneer die situasie omgekeerd is nie.

“Die VF Plus is ook gevra om vas te stel of die inkomstediens nie vir politieke doeleindes misbruik word nie deur onder meer parlementslede van opposisiepartye uit te sonder vir ouditering. Die inkomstediens sal hieroor antwoorde moet verskaf,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.