Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit stel voedselregulasies in ná druk van VF Plus

Foto: Met erkenning aan dfa.co.za

Bywette oor die regulering van spaza-winkels en informele straathandelaars, is gister tydens ʼn raadsvergadering van die Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit goedgekeur.

Hierdie raadsbesluit volg ná volgehoue druk van die VF Plus sedert 2023.

Die formalisering van die bywette het onder meer gesloer weens die ANC-beheerde munisipaliteit se versuim om tydig die korrekte openbare deelnameprosesse in werking te stel.

Die VF Plus het deurlopend beklemtoon dat veral kinders aan onhigiëniese voedsel blootgestel word weens die munisipaliteit se versuim om die plaaslike voedselbedryf behoorlik te reguleer.

Onlangse voorvalle van voedselvergiftiging in die gebied het weereens die noodsaak van behoorlike regulering belig.

Kleinhandelaars in die bedryf sal ook voortaan jaarliks ʼn sertifiseringsproses moet ondergaan teen tariewe wat wissel van R465.00 to R960.00 per jaar.

Die regulasies sal ook van toepassing wees op kleuterskole en dagsorgsentrums.

Die VF Plus sal die implementering van die regulasies monitor om te verseker dat gemeenskappe en veral kinders in die gebied nie verder blootgestel word aan voorkombare gesondheidsrisiko’s nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.