Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kabeldiewe slaan toe in Brakpan

Ten spyte daarvan dat die Ekurhuleni-metro ʼn sekuriteitsmaatskappy aangestel het om infrastruktuur te beskerm, het kabeldiewe vroeg Woensdagoggend (2 Julie) kragkabels naby die Van Eck-substasie in Brakpan gesteel.

Inwoners was weer vir ʼn paar uur sonder krag weens die diefstal.

Die VF Plus het na afloop van die diefstal lede van die Brakpan-gemeenskapspolisiëringsforum en AfriForum-lede gevra om die gebied te patrolleer om verdere voorvalle te voorkom.

In die afgelope vier weke is verskeie verdagtes in die gebied vir kabeldiefstal in hegtenis geneem.

Die party het die Ekurhuleni-metro versoek om sy veiligheid rondom infrastruktuur te verskerp omdat die metro reeds finansieel sukkel om infrastruktuur te herstel en te vervang.

Die VF Plus het ook die metro aangeraai om die oorgangsfase met die aanstel van nuwe sekuriteitsmaatskappye te verbeter ten einde tekortkominge te voorkom wat die gemeenskap kwesbaar laat.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.