fbpx
Vryheidsfront Plus

Kaapstad-burgemeester se bestuurspan ‘n klap in die gesig van wit inwoners

Die aankondiging van Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lille, oor haar nuwe bestuurspan-samestelling vir die Stad Kaapstad, is ‘n klap in die gesig vir die stad se wit belastingbetalers, sê me. Erika Botha-Rossouw, VF Plus-raadslid vir die stad.

Me. Botha-Rossouw sê die feit dat geen wit persoon goed genoeg is vir die mini-burgemeesterspan nie, wek die indruk dat sy steeds haar “struggle”-stryd teen wittes voer en nog nie die veranderde Suid-Afrika met sy diverse mense-samestelling aanvaar het nie.

Sy sê die boodskap wat met die span se samestelling uitgestuur word, is dat die DA alle wittes wat die grootste aandeel het in die betaal van belastings aan die stad, verder marginaliseer in die styl van die ANC landwyd.

“Wit mense moet weet hulle is vir die DA goed genoeg om belasting te betaal, maar dat hulle geen sê het oor hoe en waar die geld aangewend word nie.

“De Lille se bestuurstyl het duidelik ‘n sosialistiese inslag en Kaapstad is as gevolg daarvan tans in ‘n reuse krisis wat watervoorsiening aanbetref omdat sy en haar voorgangers niks gedoen het om watervoorsiening ook te verdubbel om aan te pas by die verdubbeling van Kaapstad-metro se bevolking nie.

“Die VF Plus sal nie die DA laat wegkom met hierdie verdere vertrapping van die minderheidsregte van enige gemeenskap nie – in hierdie geval dié van die stad se wit bevolking. Dit is bloot onaanvaarbaar,” sê Botha-Rossouw.

 

Kontaknommers: 072 195 6581

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.