fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC swyg oor wreedheid van moorde op plase, maar is vinnig om rassisme op sosiale media te veroordeel

Die gru-moord van die bejaarde egpaar Ester en Hannes Kidson (albei 69) van Westonaria wat wil voorkom of dit ‘n haatmoord is, is soos gewoonlik met stilswye deur die ANC-regering begroet, sê adv. Anton Alberts, leier van die VF Plus in Gauteng.

Hy sê mense wat op plase in Suid-Afrika woon, bly een van die kwesbaarste groepe op aarde om aangeval en vermoor te word met ‘n moordsyfer van sowat 133 per 100 000 mense. Die gemiddelde internasionale moordsyfer is 7 per 100 000.

“Die ANC se stilte oor plaasmoorde en die wreedheid daarvan is skreiend. Die VF Plus is geskok oor die wreedheid van die moorde.

“Die ANC-regering swyg hieroor, terwyl hy vinnig is om enige vorm van rassisme op sosiale media skerp te veroordeel en die oortreders tot verantwoording roep.

“Anders as die ANC, erken die VF Plus dat erge misdaad ook in swart woongebiede plaasvind en dat gewone burgers swaar daaronder gebuk gaan, maar die ANC is bloot nie bereid om die erns van plaasmoorde te erken nie.

“Die VF Plus in Gauteng sal met die polisie se provinsiale kommissaris hieroor vergader om na blywende oplossings te soek.

“Om die probleem op ‘n nasionale vlak aan te spreek, sal landelike beveiliging opgeskerp moet word, en dit kan net gebeur as die ANC uit die regering verwyder word en met ‘n koalisie van partye vervang word wat ‘n erns het om misdaad te beveg,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.