Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Johannesburgse burgemeester maak rassistiese aanmerkings

“Die Johannesburgse burgemeester, Parks Tau, se aanmerkings oor wit Suid-Afrikaners is rassisties”, sê Franco de Lange, VF Plus raadslid in Johannesburg Metro.

Dit volg nadat Rdl. Tau gister tydens ‘n debat in die metro gesê het dat witmense gekant is teen transformasie en dat die ekonomie nog grootliks in die hande van wit Suid-Afrikaners is.

Burgemeester Tau se uitsprake is vir die VF Plus raaiselagtig. Rdl. Tau het verwys na wit mense wat weier om te transformeer en in ‘bevoordeelde woonbuurte’ woon, maar in dieselfde asem noem hy dat daar ‘n sterk opkomende swart middelklas is. “Die burgemeester weerspreek homself. Dit is duidelik dat hy weereens net speel vir ‘n politieke gehoor. Dit is opmerklik om te sien hoe baie swart middelklas Suid-Afrikaners hulle deesdae in die sogenaamde ‘bevoordeelde woonbuurte’ in Sandton, Randburg en Roodepoort vestig”.

Verder is dit alombekend dat maatskappye wat die afgelope 20 jaar onder 100% ANC bestuur is, sukkel om die mas op te kom. Hiervan is ESKOM, SAL, Transnet en die SABC ‘n sprekende voorbeeld. Dit is ook duidelik dat die ANC georkestreerde swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en kwotastelsel bydra tot die land se swak ekonomiese groei.

"Die VF Plus is van mening dat transformasie en herverdeling van rykdom nie die oplossing is vir ons land se probleme nie. Die regering moet liewer daarop fokus om entrepreneurskap binne gemeenskappe te bevorder. Sodoende kan Suid-Afrikaners bemagtig word en nuwe rykdom en werksgeleenthede kan geskep word”.

“Daar moet deur die ANC erken word dat die kreatiewe bydraes en harde werk van wittes oor die laaste 200 jaar – alhoewel nie perfek nie – wesenlik bygedra het tot die skep van die mees ontwikkelde land in Afrika. Dit is hoogtyd dat die ANC ophou om 21 jaar na die 1994-bedeling begin het, vir apartheid as verskoning te gebruik. Dit is tyd dat die regerende party verantwoordelikheid neem vir hul eie mislukkings. Dwase lewe in die verlede en pioniers strewe na vooruitgang."

 

Franco de Lange
VF Plus raadslid: Johannesburg Metro
082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.