Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vertrapping van Afrikaanssprekendes se regte by Elsenburg onaanvaarbaar

Die VF Plus-jeug in die Wes-Kaap beskou die opdrag van die DA-regering dat onderrig op die Elsenburg Landboukollege net in Engels geskied tot daar ‘n oplossing gevind word vir swart studente se teenkanting teen Afrikaanse onderrig, as absoluut onaanvaarbaar, sê Misha-Lamé Schoeman, VF Plus-jeugleier vir die Wes-Kaap.

Mnr. Darryn Jacobs, waarnemende adjunkdirekteur-generaal van landbou-ontwikkeling en ondersteuningsdienste in die Wes-Kaap, het in ‘n skrywe opdrag gegee dat tot die saak oor taal opgelos is, alle onderrig net in Engels sal plaasvind.

Wit studente het hul ontevredenheid hieroor uitgespreek, en voer aan dat hulle juis by dié instelling studeer aangesien daar ‘n beleid van dubbelmedium-onderrig bestaan, maar daar is nie ag geslaan op hul klagtes nie.

Me. Schoeman sê dit is uiters onregverdig dat die meerderheid studente, wat Afrikaanssprekend is, se belange geen gewig dra nie.

“Wat by Elsenburg gebeur, is ‘n vertrapping van die Afrikaanse studente se grondwetlike regte, en die DA-regering in die provinsie sal moet verduidelik waarom hulle die opdrag hiervoor gegee het. Beteken die regte en belange van Afrikaners dan niks nie?

“Die VF Plus beskou hierdie optrede van die DA as presies dieselfde as die ANC se stelselmatige uitwissing van Afrikaans as onderrigmedium regoor die land.

“Die VF Plus sal daarom indringend met die Wes-Kaapse LUR vir landbou vergader om hierdie aangeleentheid te bespreek en sal daarop aandring dat Afrikaans as een van die tale van onderrig aan die kollege behoue moet bly,” sê Schoeman.

 

Misha-Lamé Schoeman

Kontaknommers: 079 182 1003 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.