Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Inwoners van Welverdiend al 25 dae sonder krag

Ná 25 dae sonder krag, is daar steeds geen lig aan die einde van die tonnel vir die inwoners van Welverdiend in die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) nie.

ʼn Transformator in die Frikkie van der Merwe-substasie het verlede maand gebreek, maar is steeds nie vervang nie.

Die VF Plus se Gautengse wetgewerlid, Jaco Mulder, het die saak reeds kort na die kragonderbreking met die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Jacob Mamabolo, opgeneem en gevra vir dringende ingryping.

Intussen is die inwoners van Welverdiend uitgelewer aan die koue en donker. Bejaardes, mense wat afhanklik is van suurstof en mense met klein kindertjies word veral verontrief.

Steeds sleep Merafong egter sy voete en kan geen aanduiding gee wanneer die transformator vervang of herstelwerk afgehandel sal wees nie.

Eskom het intussen bevestig dat hy besig is om ʼn kabel na Welverdiend aan te lê om tydelik krag aan inwoners te verskaf.

Die VF Plus is saam met inwoners gefrustreerd oor die uiterse swak dienslewering wat hulle van Merafong ontvang en doen ʼn beroep op gemeenskappe om van die ANC in die munisipaliteit ontslae te raak met die plaaslike regeringsverkiesing in 2026.

Die ANC beskik nie oor die vermoë om Merafong suksesvol te bestuur tot voordeel van sy inwoners nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.