Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Inwoners van Ekurhuleni kan nou verkeersboetes met nuwe Whatsapp-stelsel vereffen

Die Ekurhuleni-metro het ʼn Whatsapp-stelsel met ʼn kletsbot bekendgestel wat inwoners kan gebruik om verkeersboetes mee te vereffen.

Motoriste wat nie in die gebied woon nie en hul Ekurhuleni-verkeersboetes wil betaal kan ook van die nuwe stelsel gebruik maak.

Die metro moes noodgedwonge ʼn alternatief soek ná ʼn kontraktuele dispuut met die diensverskaffer wat die Pay City-webblad bedryf.

Die kletsbot-stelsel wat deur die metro ontwerp is, word reeds vir ander funksies aangewend.

Inwoners wat hul munisipale rekeninge wil betaal kan steeds die e-siyakhoka-stelsel gebruik.

Om van die kletsbot-funksie gebruik te maak, skakel die WhatsApp-nommer 060 667 7177 en volg die stappe.

Gebruikers sal ook ‘n aktiewe boetelys ontvang en ‘n opsie gegee word watter boete hulle wil betaal.

Motoriste is steeds welkom om die verskillende kantore van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) te besoek om betalings van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 15:00 te doen.

Die metro se grootste uitgawe in sy begroting is kontrakteurdienste en deur van bestaande tegnologie gebruik te maak, kan miljoene per jaar bespaar word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.