Die VF Plus het die Ekurhuleni-metroraad se burgemeester, mnr. Nkosindiphile Xhakaza, versoek om die metro se munisipale kragbywet te bestudeer en veral die verwarrende memorandum van 14 Julie 2010 oor inwoners wat verantwoordelik gehou kan word vir die vervanging van kragkabels wat gevandaliseer of gesteel is.
Die versoek volg nรก elf huiseienaars in Kemptonpark die afgelope twee dae rekeninge ontvang het nadat diewe hul kragkabels gevandaliseer het.
Hulle het elk ล rekening van R1 740 ontvang en moet die bedrag betaal alvorens ล nuwe kragkabel geรฏnstalleer word.
Hierdie optrede van die metro plaas ล ekstra finansiรซle las op huishoudings, veral in die geval van twee huiseienaars wat pensionarisse is en nie kan bekostig om die bedrag te betaal nie.
Die memorandum van 14 jaar gelede saai verwarring aangesien die kragbywet nie pertinent hierna verwys nie, maar eerder dat inwoners vir ล installasiefooi aanspreeklik gehou kan word.
Die VF Plus het ล versoekskrif geloods teen die metro se optrede en inwoners gevra om druk om die metro te plaas om die memorandum wat ล vorige ANC-beheerde raad uitgereik het, terug te trek.
Die bepalings in die memorandum is in die verlede nie streng toegepas nie, maar blyk nou vaskopplek te vind.
Die VF Plus beskou dit as onregverdig dat inwoners vir infrastruktuur moet opdok wat nie aan hulle behoort nie.
Inwoners kan die versoekskrif by die volgende skakel onderteken: https://forms.gle/ivQmrkuz7kqtwfNy5
Die party sal die getekende versoekskrif aan die metro se petisiekomitee oorhandig.
Inwoners en veral persone soos pensioenarisse wat reeds onder finansiรซle druk verkeer, kan nie die las dra van kabeldiefstal wat sedert Januarie veral in Kemptonpark toegeneem het nie.


