Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verouderde kraginfrastruktuur veroorsaak 500 onbeplande kragonderbrekings in Ekurhuleni

Verouderde kraginfrastruktuur is die rede vir die sowat 500 onbeplande kragonderbrekings maandeliks in die Ekurhuleni-metro.

Dit blyk uit ʼn ekonomiese ontwikkelingsverslag wat voor die metro se finansiële oorsigkomitee gedien het.

Klagtes van inwoners het ook toegeneem weens die sukkelende verspreidingsnetwerk en die gebrek aan reaksie van die elektriese afdeling.

Volgens die VF Plus dra swak leierskap, bestuursfoute en ʼn gebrek aan aanspreeklikheid by tot die probleem.

Die feit dat die metro slegs 2,39% aan elektrisiteitspersoneel se salarisse bestee terwyl Nersa se riglyn 10% aanbeveel, kan ook bydra tot die stadige reaksietyd.

Ekurhuleni se uitgediende beleid van regstellende aksie steek egter ʼn stokkie voor die aanstelling van bevoegde elektrisiteitspersoneel in vakante poste.

Die VF Plus het ʼn beroep gedoen op die burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, en die departement van energie om begrotingstoewysings vir noodsaaklike infrastruktuur en onderhoudsprogramme te prioritiseer.

Getroue belastingbetalers verdien die dienste waarvoor hulle ten duurste betaal en dit is tyd dat die ANC/EFF-beheerde Ekurhuleni sy sokkies optrek en sy verpligtinge teenoor inwoners nakom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.