Dit is nou in 2025 tyd dat die kultuur van menseregte in Suid-Afrika verdiep word om sodoende die ware betekenis daarvan te vind.
Hierdie verdieping van die kultuur van menseregte beteken dat die kultuur en verstaan van menseregte uitgebrei moet word. Vir te lank al val die klem eksklusief net op individuele regte.
Mense is nie net maar individue nie. Mense kom byeen in groepe of gemeenskappe waar โn gemeenskaplike bewustheid vaardig is. Soos geloof, taal, geskiedenis en kultuur.
Sulke groepe en gemeenskappe het ook regte wat tuishoort onder die oorkoepelende term van menseregte. Juis daarom moet menseregte ook in Suid-Afrika uitgebrei word om die regte van sulke gemeenskappe en groepe te erken.
Dit bring โn mens ook by die ware toets van demokrasie. Demokrasie beteken nie net een mens een stem nie. Dit maak die deur oop vir โn tirannie van die meerderheid.
Werklike moderne demokrasie word herken aan die beskerming en akkommodering wat aan minderhede en groepe gebied word wat ook baie belangrike fundamentele menseregte is.
Alhoewel Menseregtedag vandag in Suid-Afrika gevier word, is die internasionale viering op 10 Desember om die aanvaarding van die Verenigde Nasies (VN) Universele Verklaring van Menseregte in 1948.
Die werklikheid van minderheidsregte of groepsregte โ net soos individuele regte, word wel internasionaal amptelik erken nadat die VN โn deklarasie vir groepsregte in 1992 aanvaar het.
In Suid-Afrika was dit egter nog altyd ondergeskik aan individuele regte. In hierdie omgewing is die VF Plus die enigste politieke party wat daadwerklik daarna streef om โn tuiste vir groepe en minderhede te skep.
Die blote feit dat daar twaalf amptelike tale in Suid-Afrika is, ruim alle twyfel uit die weg dat individuele regte geen ware diepte bied vir die land se ryke verskeidenheid van groepe en kulture nie.
Die tyd vir ware menseregte in Suid-Afrika het aangebreek.


