Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Inenting moet vrywillig bly; verpligte inenting kan lei tot skending van Grondwet

Die VF Plus het die minister van gesondheid, Joe Phaahla tydens ‘n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid daarop gewys dat alhoewel Covid-19-inentings vir alle ouderdomsgroepe verwelkom word, alles moontlik steeds gedoen moet word om die virus uit te roei. Dit sluit in dat mobiele klinieke ingespan moet word in afgeleë gebiede.

Inentings is steeds elke persoon se vrye keuse en verpligte inenting sal neerkom op ‘n skending van die land se Grondwet. Dit wil nogtans voorkom of jonger mense gehoor gee aan die oproep om geënt te word aangesien 832 000 mense tussen die ouderdomme van 18-34 sedert verlede Vrydag ingeënt is.

Nie alle mense kan sonder meer die entstof neem nie weens onderliggende siektetoestande en verskeie persone moet eers die nodige mediese ondersoeke ondergaan om te kan bepaal of hul wel geskik én gesond genoeg is om die entstof te kan neem.

Net so kan gesondheidsdienste nie geweier word aan mense wat nie ingeënt is nie. Dit sal ook ongrondwetlik sal wees. Sekere akademici het reeds laat blyk dat dit wel oorweeg word. In Limpopo het die LUR vir gesondheid, dr. Phopi Ramathuba, selfs gevra dat drank nie verkoop mag word aan persone wat nie ingeënt is nie.

Die VF Plus het minister Phaala gevra dat LUR’e hierdie soort uitsprake moet stopsit en het hom gemaan dat die regering versigtig moet wees oor die implikasies van sulke uitsprake weens die ongrondwetlikheid daarvan.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.