Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Huurders van Tshwane-eiendomme skuld metro miljoene

Dit is onaanvaarbaar dat huurders van kommersiële en residensiële eiendomme wat aan die Tshwane-metro behoort, miljoene in huurgeld agterstallig is.

Huurders skuld die metro R57,5 miljoen vir die eerste kwartaal van die 2024 /2025-boekjaar. Dít blyk uit ʼn verslag oor die verhuring van die metro se eiendomme wat voor die koöperatiewe- en gedeeldediens-oorsigkomitee gedien het.

Kommersiële huurders, wat ook sportklubs insluit, skuld die metro bykans R2,4 miljoen vir uitstaande huurgeld terwyl residensiële huurders R55 miljoen agterstallig is.

Dit is duidelik dat die metro nie die nodige stappe neem om huurders aanspreeklik te hou nie. Slegs 52% se huurgeld is ingevorder.

Indien die nodige stappe nie dadelik geneem word nie, kan dit daartoe lei dat dié skuld afgeskryf moet word. Dit is verder onaanvaarbaar dat agterstallige huurders steeds die geboue beset.

Die VF Plus eis dat daar dringend opgetree word teen hierdie huurders en ook die amptenare wat nie hul werk na behore doen nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.