fbpx
Vryheidsfront Plus

Huisbrand in Potgietersrus: VF Plus waarsku oor brandweer

ʼn Brand wat ʼn familiewoning in Kuisebstraat in Potgietersrus Maandagoggend in puin gelê het, kan vierkantig voor die deur van die onbevoegde ANC-beheerde Waterberg-distriksmunisipaliteit gelê word.

Die brandskade aan die huis kon waarskynlik veel minder gewees het indien die brandweer betyds opgedaag het en daar genoeg opgeleide personeel ontplooi is.

Die VF Plus het minder as ʼn week gelede saam met die party se raadslid in die distriksmunisipaliteit, Karl Niewenhuis, ʼn oorsigbesoek aan die brandweerdiens in Potgietersrus gebring.

Tydens die oorsigbesoek was daar slegs een personeellid aan diens.

Die party het toe gewaarsku dat daar nie betyds en effektief opgetree sal kan word indien daar ʼn brand op die dorp uitbreek nie.

Dit bevestig opnuut die VF Plus se standpunt dat distriksmunisipaliteite faal en nie die diens lewer wat hulle wetlik verplig is om te doen nie.

Die VF Plus is van mening dat distriksmunisipaliteite afgeskaf moet word en dat besluite oor diensverskaffing nader aan gemeenskappe gebring moet word.

Die ANC-beheerde rade is nie in staat daartoe om brandbestrydingsdienste aan inwoners te lewer nie.

Die VF Plus sal vandag in ’n brief aan die LUR vir samewerkende regering, Basikopo Makamu, eis dat die brandweerstasie toegerus moet word met die nodige brandtoerusting en personeel om brande effektief te bestry.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.