fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-druk lei tot daadwerklike aksies om waterkwaliteit in Dipaleseng te verbeter

Volgehoue druk van die VF Plus in die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Grootvlei, Greylingstad) het die munisipale bestuur aangespoor om daadwerklike aksies van stapel te stuur om plaaslike waterkwaliteit te verbeter.

Die VF Plus het die afgelope ses maande in samewerking met WaterCan verskeie toetse in die munisipaliteit gedoen om die kwaliteit van water te bepaal. Daar is hoofsaaklik getoets vir die teenwoordigheid van riool (menslik of dierlik) en E. coli.

Die toetse van April 2023 het besondere hoë vlakke van riool en E. coli in die drinkwater van Balfour en Greylingstad aangedui. Grootvlei, wat drinkwater ontvang van Eskom se wateraanleg, het goeie resultate getoon. Dié water is wel geskik as drinkwater.

Die inligting is gedeel met die munisipale bestuurder, mnr. Lwazi Cindi. Aanvanklik was hy traag om te reageer, maar die VF Plus het daarop aangedring.

Die plaaslike watersuiweringsaanleg het die korrekte chemikalieë begin gebruik om die waternetwerk te spoel. Dié verhoogte chloorvlakke kon duidelik gesien word in die opvolgtoetse wat twee weke later gedoen is.

Tydens ‘n raadsvergadering op 25 Julie is bevestig dat verskeie aksies reeds in werking gestel is. Dit sluit ‘n besoek van die minister van water en sanitasie, mnr. Senzo Mchunu, na die Fortuna-watersuiweringsaanleg in Mei in.

Dié bouprojek sou oorspronklik in 2024 voltooi word, maar die datum is nou vervroeg na die einde van 2023. Dié watersuiweringsaanleg sal watervoorsiening verdriedubbel in die munisipaliteit. Ekstra reservoirs is reeds gebou en die nuwe pypleiding is gelê.

Die provinsiale departement van water en sanitasie het ʼn taakspan beskikbaar gestel om die opleiding van die operateurs by die suiweringsaanleg se vaardighede op te skerp.

Die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit het begin om waterkwaliteitstoetse tweeweekliks te doen.

Die VF Plus sal voortgaan om maandeliks die water te toets om sodoende te verseker dat die aksies nie net van korte duur is nie, maar ʼn langtermyn-oplossing.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.