Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hofbevinding oor Seriti-wapenkommissie: Polisie moet nou ondersoek

Die hooggeregshof in Pretoria het bevind wat Suid-Afrikaners lank reeds weet: Dat die Seriti-kommissie na die omstrede wapentransaksie waarby oud-president Jacob Zuma betrek word, geen ware poging aangewend het om korrupsie oop te vlek en die skuldiges aan die man te bring nie.

Die VF Plus dring daarop aan dat alle inligting en getuienis wat voor die Seriti-kommissie gelewer is, aan die polisie se eenheid vir prioriteitsmisdaad oorhandig word vir ondersoek en vervolging. Die skuldiges kan nie toegelaat word om skotvry weg te kom nie.

Regter Willie Seriti moet ook verantwoording doen en die ondersoek moet hom insluit om te bepaal of hy strafregtelik aanspreeklik gehou kan word vir die mislukte kommissie.

Die hof se bevinding vandag dat hy sekere sleutelgetuienis afgeskeep het en belangrike verslae en hofbevinding geïgnoreer het, spreek verdoemend.

Die VF Plus is van mening dat regter Seriti persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir ‘n deel van die meer as R100 miljoen wat sy kommissie die belastingbetaler gekos het terwyl die beskuldigdes grootliks kwytgeskeld is.

Kontaknommer: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.