fbpx
Vryheidsfront Plus

Misdaad knel die herstel van infrastruktuur

Misdaad het ‘n verlammende impak op die herstel en onderhoud van infrastruktuur in Gauteng.

Studente van die Suid-Afrikaanse polisiekollege in Pretoria is verlede week huis toe gestuur nadat diewe koperpype en -kleppe gevandaliseer en gesteel het en die water na die kollege en ander uitbreidings in Pretoria-Wes opgedroog het.

Die tegniese span van die departement van infrastruktuur moes ‘n nuwe klep vir die watersisteem ontwerp. Volgens terugvoer vanaf die departement gaan dit na raming ongeveer twee dae duur vir die reservoir en waternetwerk om weer op te vul.

Die VF Plus doen ‘n beroep op inwoners van die gebied om gedurende die tydperk nie onnodig water te gebruik nie.

Hierdie tipe misdaad is verlammend veral vir munisipaliteite wat deels nog van ou infrastruktuur afhanklik is. Munisipaliteite beskik nie oor die nodige onderdele om die tipe van skade dadelik te herstel nie.

Dit hou nie net ‘n gesondheidsrisiko vir inwoners in nie, maar knou ook die ekonomie omdat sekere industrieë nie sonder water kan funksioneer nie.

Belastingbetalers se geld moet nou noodgedwonge vir onbeplande en duur herstelwerk gebruik word, instede daarvan om die stad op te bou.

 

Kontaknommer: 066 010 1053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.