fbpx
Vryheidsfront Plus

Merafong-waterdruk verlaag weens wanbetaling deur munisipaliteit

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit se onvermoë om hul waterrekening te vereffen is die oorsaak dat watertoevoer na inwoners van Carletonville, Welverdiend en Khutsong deur Randwater verlaag is.

Die watertekort het ontstaan nadat Merafong nie hul nuutste waterrekening ten volle vereffen het nie. Die munisipaliteit se watertoevoer is tot 80% beperk.

Welverdiend en Khutsong se water-probleme het verlede jaar reeds begin toe die Adatta-pyplyn weens ‘n sinkgat beskadig is. Daar is dadelik begin om die sinkgat te rehabiliteer, maar die projek sal eers aan die einde van die jaar voltooi wees.

Die munisipaliteit het intussen ‘n tydelike pyplyn aangelê met ‘n verlaagde waterdruk gedurende spitstye.

Die gevolg is beurtwater, pype wat bars en watertrokke wat inwoners nie gereeld bereik nie. Hierdie situasie is onregverdig teenoor inwoners van Welverdiend aangesien hulle die hoogsbetalende inwoners van die munisipaliteit is. 8 500 inwoners word deur die situasie geraak.

Die VF Plus gaan druk op die munisipaliteit plaas om dadelik op te tree en te verseker dat watertrokke inwoners betyds bereik.

Toegang tot water is ‘n grondwetlike reg en dis onaanvaarbaar dat die inwoners van Merafong ly onder die onvermoë van die munisipaliteit om sy finansiële verpligtinge na te kom.

Kontaknommer: 082 671 2302

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.