fbpx
Vryheidsfront Plus

Hoeveel water vermors Matjhabeng werklik?

Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit, wat die dorpe Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia en Welkom bedien, moet aandui hoeveel liter water in die huidige finansiële jaar as gevolg van lekkasies verlore gegaan het.

Die munisipaliteit het verlede jaar onthul dat meer as die helfte van beskikbare water verlore gegaan het as gevolg van lekkasies. Intussen betaal Matjhabeng steeds af aan sy skuld van meer as R2,4 miljard aan Sedibeng Water.

Die VF Plus het ‘n vraag hieroor aan die burgemeester, mnr. Nkosenjani Speelman en die munisipale bestuurder, mnr. Elias Tsoaeli, gerig om die omvang van die verlies in die huidige finansiële jaar te bepaal.

Die VF Plus is die afgelope tyd oorval met klagtes van lekkasies wat bloot nie herstel word nie.

Terwyl duisende liters water verlore gaan weens gebrekkige instandhouding, is dié munisipaliteit boonop in die midde van ‘n rioolkrisis.

Die VF Plus het verlede week ‘n strafregtelike klag teen die burgemeester en munisipale bestuurder aanhangig gemaak na vele klagtes deur inwoners oor rou riool wat in strate en deur hul erwe stroom weens swak instandhoudingswerk.

Die ANC kan nie aanhou om kosbare waterbronne te vermors weens gebrekkige instandhouding en bestuur nie.

Die VF Plus het ook die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, versoek om as deel van haar beplande besoek aan die Vrystaat, Matjhabeng ook te besoek om ‘n oplossing vir die probleme te vind.

Die VF Plus sal aanhou om politieke druk op die ANC te plaas om nodige dienste in die munisipaliteit te lewer.

Kontaknommer: 082 886 9945

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.