Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hofbevel dwing Ekurhuleni om Eskom-skuld te betaal, maar finansiële krisis strek veel dieper

Alhoewel die Ekurhuleni-metro nou met ‘n hofbevel gedwing word om sy skuld aan Eskom te betaal, strek die metro se finansiële krisis veel dieper as wat die ANC-geleide administrasie wil erken.

Luidens ʼn gesamentlike verklaring van Ekurhuleni en Eskom op 13 Maart, skuld die metro sowat R3,4 miljard aan Eskom waarvan die metro R1,7 miljard in Maart vereffen het.

Die res van die bedrag sal oor ʼn tydperk van 18 maande afbetaal word.

Dié ooreenkoms volg nadat Eskom op 5 Maart gedreig het om die kragtoevoer na Ekurhuleni te verminder óf op te skort indien die metro nie sy skuld vereffen nie.

Die kern van die probleem bly dat inwoners hul kragrekeninge getrou betaal, maar die geld nie aan Eskom oorbetaal word nie. Dit onderstreep die noodsaaklikheid van strenger finansiële dissipline binne die metro.

Die VF Plus het ook al herhaaldelik gewaarsku dat die metro ook ander finansiële uitdagings het wat dringend aandag verg:

• Slegs 63% van geldige fakture word binne 30 dae betaal, wat in stryd is met die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA).
• Die metro se kontantreserwes het tot slegs 15 dae gedaal, ver onder die vereiste minimum van 25 dae.
• Daar is tans 67 regsgedinge teen die metro deur diensverskaffers wat nie betaal is nie.

Die VF Plus sal die situasie noukeurig monitor om te verseker dat die metro sy verpligtinge nakom en dat inwoners se reg op betroubare elektrisiteitsvoorsiening beskerm word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.