Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VSA se artikel 301-handelsondersoek bevestig VF Plus se waarskuwings oor gevare van ANC se roekelose buitelandse beleid

Die VSA se aankondiging van ‘n artikel 301-ondersoek teen Suid-Afrika (en 59 ander lande) oor onaanvaarbare arbeidspraktyke in die vervaardiging van handelsgoedere, is ‘n ernstige sein dat Washington se geduld met die ANC finaal begin opraak.

Artikel 301 stel die VSA in staat om tariewe en ander maatreëls op te lê teen lande wie se beleid as diskriminerend of onregverdig teenoor Amerikaanse belange geag word.

In hierdie konteks kan Suid-Afrika se binnelandse beleid, waaronder swart ekonomiese bemagtiging (SEB), vir die Amerikaners problematies wees. Onsekerheid oor eiendomsreg vanweë die Onteieningswet sal waarskynlik ook ter sprake kom.

Die ondersoek kom te midde van groeiende frustrasie oor Suid-Afrika se houding teenoor die VSA, sy naasgrootste handelsvennoot.

Die onlangse afjak van Amerika se ambassadeur Brent Bozell oor “ondiplomatiese uitsprake”, die verwerping van die VSA se vyf voorwaardes vir beter handelsbetrekkinge, en bande met lande soos Iran en Rusland, dra by tot dié spanning.

Die openbare verhore van die artikel 301-ondersoek begin in April en kan lei tot nuwe tariewe en ‘n hersiening van Agoa-voordele.

Dit bedreig duisende werksgeleenthede in uitvoerafhanklike sektore soos motorvervaardiging, landbou en mynbou – iets wat Suid-Afrika met sy werkloosheid bo 40% nie kan bekostig nie.

Die VF Plus herhaal dat die ANC moet ophou om ideologie bo ekonomiese werklikheid en nasionale belang te stel. Suid-Afrika kan nie verder ekonomiese selfmoord pleeg ter wille van ‘n mislukte buitelandse beleid nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.