fbpx
Vryheidsfront Plus

Herverkiesings van Phokwane en Renosterberg bied geleentheid vir werklike verandering

Die Phokwane- (Jan Kempdorp, Hartswater en Pampierstad) en Renosterberg- (Vanderkloof, Petrusville en Phillipstown) munisipale rade is ontbind na lang periodes van erge wanadministrasie en die VF Plus kan die nodige herstel en verandering teweeg bring.

Die VF Plus stel kandidate van gehalte wat dienslewering in beide munisipaliteite kan verbeter.

Die VF Plus groei van krag tot krag en beleef toenemende vertroue in dié party.

In Phokwane is mnr. Theo Joubert eerste op die proporsionele lys, met me. Estelle Davies tweede en mnr. Ruan Beukes derde. In die Hartswater-dorpswyk is Joubert die kandidaat, in Jan Kempdorp is dit Beukes, terwyl mnre. Johann Maritz, Peet Liebenberg en Ralph Bostander in die landelike wyke staan.

Al dié kandidate is ingeburgerde inwoners van Vaalharts en aktief in die sakewêreld en gemeenskapslewe.

Renosterberg se vier wyke word deur me. Karin Depken (Philipstown), Lorna Myburgh (Vanderkloof), mnre. Wimpie Visser (Petrusville en landelike gedeelte) en Chris Potgieter (Thembinkosi en Uitsig) betwis.

Eerste op die proporsionele lys is Depken, tweede is mnr. Barend van der Merwe en ook mnr. Lourens de Jager.

Hierdie kandidate het almal hulle spore in die gemeenskap verdien, met deurlopende aksies om die gevolge van swak regering teen te werk.

Die VF Plus is gereed om sy plek in albei hierdie rade op te neem en werklike verandering teweeg te bring.

Die VF Plus bied werklike oplossings en daarom het die party in onlangse tussenverkiesings geweldige groei getoon en wyke verower.

Navrae: ‪074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.