Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Herstel slaggate en beveilig sinkgate in Boksburg versoek VF Plus

Die VF Plus het die Ekurhuleni-metro versoek om slaggate in Boksburg te herstel en sinkgate te beveilig om lewensverlies te voorkom.

Die party het vanoggend ʼn opname in Boksburg gedoen en kon nie een straat vind waar daar nie ʼn slaggat is nie. Van die paaie is só vol slaggate dat motoriste voortdurend moet uitswaai om reëngevulde slaggate te vermy.

Daar is byvoorbeeld tien slaggate in Louis Bothastraat in Beyerspak, drie in Ridgestraat en sewe in Tiendelaan in Ravenswood.

Die VF Plus verstaan dat reën die slaggate verder uitkalwe, maar die metro kan nie wag met herstelwerk tot ná die reënseisoen nie. Daadwerklike optrede is nou nodig.

Die toenemende ontstaan van sinkgate in Boksburg is ook kommerwekkend. Verlede week het ʼn sinkgat in Bigwoodlaan, Cinderella, voor ʼn inwoner se huis ingeval.

Dit is slegs ʼn paar kilometer van die Rietfontein-sinkgat wat al hoe groter word. Dié sinkgat wat naby huise en besighede geleë is, het sowat twee jaar gelede ontstaan en die metro moes die pad afsper. Die sinkgat vergroot weens ondergrondse riool- en waterlekkasies.

Die metro se versuim om basiese water- en rioolinfrastruktuur in stand te hou, vererger die situasie.

Alhoewel finansiële uitdagings die metro in die gesig staar, kan die probleem beredder word deur die herprioritisering van begrotings, die aanwending van noodfondse en samewerking met die provinsiale regering.

Die VF Plus eis dat Ekurhuleni nou optree om die groeiende probleem te behandel om sodoende inwoners en besoekers se veiligheid te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.