Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hartbeespoort verloor ‘n steunpilaar

Die VF Plus het met skok verneem van die skielike afsterwe van raadslid Guillome Clouston van Hartbeespoort.

Sy heengaan is ‘n groot slag vir die party en die Hartbeespoort-gemeenskap wat hy vir jare met groot toewyding gedien het.

Clouston het die VF Plus met onderskeiding verteenwoordig in die munisipale raad van die Madibeng-plaaslike munisipaliteit. Hy het deurlopend ‘n groot bydrae gelewer op verskeie raadskomitees.

Sy toeganklikheid vir die inwoners van Hartbeespoort en sy professionele hantering van diensleweringskwessies is welbekend.

Só ook sy deurlopende bystand en betrokkenheid by die plaaslike skoolgemeenskappe.

Hy het as takvoorsitter vir Hartbeespoort en lid van die VF Plus se provinsiale raad ‘n groot bydrae gelewer om die party se beleid en beginsels in sy gemeenskap uit te dra.

Die VF Plus in Noordwes bid sy vrou Karien, dogter Amber en die Clouston-familie alle sterkte toe in hierdie moeilike tyd.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.