fbpx
Vryheidsfront Plus

Halfhartige polisie-optrede – Plundering van vragmotor op N12 buite Hopetown kon gekeer word

Laat Woensdagmiddag is ‘n vragmotor wat vrugtesap van die Kaap na Gauteng vervoer het, na ‘n ligte ongeluk geplunder. Die vrag was grootliks onbeskadig en polisiebeamptes het bloot toegekyk hoe palette oopgebreek en verwyder word.

VF Plus-raadslid Paul van Niekerk het die toneel kort na die ongeluk besoek. Die vragmotor is skrams van agter getref en die agterste twee palette was effens beskadig. Die ander 22 was geheel en al ongeskonde en nog met plastiek toegedraai.

Die polisie was reeds op die toneel, maar het geen maatreëls getref om die vragmotor of die vrag te beskerm nie. Van Niekerk, self ‘n vervoerkontrakteur, het aangedui dat die toneel onvoldoende beveilig is. In so ‘n geval behoort meer beamptes aanwesig te wees en die toneel behoort afgesper te wees.

Sowat twintig minute later, toe Van Niekerk na die toneel teruggekeer het, was daar meer as twintig voertuie met mense op die vragmotor wat palette oopgemaak het, produkte verwyder het en dit aan omstanders oorhandig het.

Verkeersvloei is ernstig ontwrig.

‘n Polisielid op die toneel het verduidelik dat hy sy bes gedoen het, maar daar was geen teken van versterkings of pogings om die vragmotor af te sper nie. Hy het Van Niekerk ook opdrag gegee om die toneel te verlaat omdat hy volgens die polisieman die verkeer belemmer het.

Hier is ‘n geval van wetteloosheid, aangesien die vrag in sy geheel gered kon word. Dit lyk egter of die polisie by voorbaat aanvaar het dat die onbeskadigde vrag geplunder sou word en bloot opgedaag het omdat dit hul plig is.

Voorvalle soos dié maak dit onveilig om Suid-Afrikaanse paaie te gebruik.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.