fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Tshwane-metro het oplossing vir byeprobleem in woongebiede

Die VF Plus het ’n beroep op die Tshwane-metro gedoen om dringend die munisipale bywet vir die aanhou van bye in woongebiede in heroorweging te neem. Die bywet is verouderd en moet aangepas word.

Die bywet is in 2005 hersien en die VF Plus ontvang gereeld klagtes van inwoners dat hul bure met bye boer en ʼn moontlike gevaar vir mense en hul troeteldiere inhou.

Byekorwe kan ook nie willekeurig vernietig word nie.

Die huidige verordening is gegrond op voormalige Tshwane-grense voor streek 5 en 7 (Bronkhorstspruit, Cullinan en Rayton) bygevoeg is. Die huidige bywet onderskei ook nie tussen landbou-, sake- en woongebiede nie.

Die bywet is nie in lyn met die nasionale wetgewing nie en moedig ook nie die bewaring van bye aan nie. Dit is dus belangrik om byeboere in stedelike gebiede te reguleer en seker te maak dat boere ’n geldige permit het. Daar moet kennisgewings aangebring word om mense bedag te maak op byekorwe in die omgewing.

Die VF Plus doen ’n beroep op inwoners wat bye op hul persele aanhou, om hulle te vergewis van die verordening en streng daarby te hou. Indien die bywet oortree word, kan ’n boete van R300 opgelê word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.