Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Guptas: Inhegtenisnemings kan verdere optrede ontsluit

Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van Atul en Rajesh Gupta. Die uitleweringsproses kan egter tyd duur en die Gupta-broers sal dit waarskynlik sterk teenstaan.

Die proses sal eers suksesvol wees die dag wanneer hulle in Suid-Afrika aankom om tereg te staan op die aanklagte teen hulle.

Indien hulle wel uitgelewer word en suksesvol vervolg word, sal dit die beeld van Suid-Afrika in die buiteland aansienlik verbeter.

Dit sal die indruk skep dat die regering wel ernstig is om staatskapers tot verantwoording te roep.

Hierdie gebeure kan ook die deur oopmaak vir verdere optrede teen mense wat in die Zondo-kommissie na staatskaping genoem is.

Die VF Plus sal die proses deeglik monitor.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.