Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mynhuise moet saam met owerhede verantwoordelikheid aanvaar vir rehabilitasie van sinkgate

Mynhuise moet met owerhede in Gauteng saamwerk om sinkgate in die Merafong-munisipaliteit te rehabiliteer.

In die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) is tien nuwe sinkgate aangemeld waarvan die jongste een in Carletonville is.

Die munisipaliteit het reeds miljoene bestee om huisgesinne in Khutsong, waar die meeste sinkgate voorkom, te hervestig nadat sinkgate onder en langs hul huise begin vorm het.

Die VF Plus het tydens ‘n oorsigbesoek van die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) aan Merafong, weer ‘n beroep op mynhuise in die omgewing gedoen om hul verpligtinge na te kom en nie net die onus op munisipaliteite en die Gautengse provinsie te plaas om sinkgate te rehabiliteer nie.

Volgens ‘n Cogta-verslag sal dit meer as R2,2 miljoen kos om die tien nuwe sinkgate in Merafong te rehabiliteer.

Luidens ‘n berig van Mybroadband op 6 April vanjaar is daar oor die afgelope vyf jaar reeds R1 miljard bestee aan die rehabilitasie van 200 sinkgate in die provinsie.

Die groter gedeelte van Merafong bestaan uit dolomietiese grond.

Mynbedrywighede, swak infrastruktuur waar rioolwater in die ondergrondse kalksteen infiltreer en reënwater, dra by tot die vorming van singate.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op mynhuise en munisipaliteite om hande te vat ter wille van die veiligheid van Merafong se inwoners.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.