Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dringende ingryping van LUR na onreëlmatige aanstelling van munisipale bestuurder in Ditsobotla

Die VF Plus het Noordwes se LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings (Coghsta), Lenah Miga, versoek om dringend in te gryp in die onreëlmatige aanstelling van ‘n munisipale bestuurder Saterdag in die Ditsobotla-plaaslike munisipaliteit (Biesiesvlei, Coligny, Lichtenburg).

Die ANC-speaker in die munisipale raad van die munisipaliteit, Mpho Lekabe, het tydens ‘n spesiale raadsvergadering daarop aangedring dat me. Josephine Ledwaba as waarnemende munisipale bestuurder aangestel word.

Dít ten spyte daarvan dat die raad reeds aangedui het dat hy nie voldoende tyd gegun is om die kandidate behoorlik te evalueer nie.

Die meerderheid raadslede het hierop die raadsvergadering verlaat waarna die speaker haar besluit met ‘n minderheid lede in die raad bekragtig het. Dit is op sigself onreëlmatig omdat daar nie meer ‘n kworum in die raad was nie.

Die speaker het aangevoer dat sy oor een of ander bevoegdheid beskik om self die aanstelling te doen sonder die goedkeuring van die munisipale raad.

Só ‘n bevoegdheid bestaan egter nie en haar optrede is direk in stryd met die betrokke munisipale wetgewing wat bepaal dat die aanstelling van munisipale bestuurders deur die munisipale rade goedgekeur moet word.

Die aandrang van die speaker om ten spyte van alles hierdie aanstelling deur te druk, is weer ‘n goeie voorbeeld van ANC-kaderontplooiing in werking.

Die gevolg van die speaker se optrede is nou dat enige kontraktuele en finansiële besluite deur die munisipale bestuurder ongeldig sou wees en dat die administrasie van die munisipaliteit tot ‘n stilstand sal kom.

Enige uitgawes op sterkte van Ledwaba se besluite sal dus onreëlmatig en onwettig wees.

Inwoners van Lichtenburg en Coligny ly reeds lank onder die wanbestuur, korrupsie, en die gevolge van kaderontplooiing en ANC-faksiegevegte in die munisipaliteit.

Dit het selfs tot gevolg gehad dat groot- en mediumgroot-maatskappye soos Clover hul aanlegte in die omgewing sluit omdat hulle nie meer die gevolge van ineengestorte dienste in die omgewing kon hanteer nie. Honderde inwoners het só al hul werk verloor.

Die VF Plus sal aanhou stry teen die ANC en sy ontplooide kaders om die verval in munisipaliteite te stuit.

Die inwoners van Lichtenburg en Coligny verdien beter as die ANC.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.