Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Groot dele van Vanderbijlpark Paasnaweek sonder krag weens onbevoegde sekuriteitswagte

Die VF Plus het die administrateur van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), Gilberto Martins, versoek om ondersoek in te stel na die sekuriteitsmaatskappy wat verantwoordelik is vir die beveiliging van substasies.

Dit volg op ‘n voorval van beweerde sabotasie by die Town-substasie wat groot dele van Vanderbijlpark oor die Paasnaweek sonder krag gelaat het.

Emfuleni betaal maandeliks R6 miljoen aan die sekuriteitsmaatskappy om die veiligheid van geboue en substasies, wat in die verlede erg onder vandalisme deurgeloop het, te beskerm.

‘n Groep mans het glo op Goeie Vrydag aan die sekuriteitswagte gesê dat hulle daar is om onderhoudswerk aan die substasie te doen waarna hy hulle ingelaat het.

Die mans het gevlug nadat hulle twee kabels geknip en daar ‘n brand ontstaan het. Twee kVA-brekers en ‘n transformator is in die brand beskadig.

Belastingbetalers se swaarverdiende geld moet nou aangewend word vir die aankoop van nuwe toerusting weens die sekuriteitswagte se versuim om seker te maak dat die persone wel wettig die terrein mag betree.

Inwoners moet ook tevrede wees met ‘n halwe belofte dat herstelwerk teen Vrydag voltooi sal wees.

Behoeftige inwoners en klein sake-ondernemings kan nie kragopwekkers bekostig nie en ly nou onder die weeklange kragonderbreking.

Groot industrieë het reeds Emfuleni verlaat vir ander munisipaliteite weens gebrekkige dienslewering en vervalle infrastruktuur.

Die VF Plus sal aanhou om die munisipaliteit verantwoordbaar te hou vir foute wat inwoners miljoene kos.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.